On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Afgedankte NW LUR gaan ondersoek word

───   CATHY DLODLO 11:39 Fri, 02 Jun 2017

Afgedankte NW LUR gaan ondersoek word | News Article
Madoda Sambatha (OFM-nuus)

Mahikeng - Die omstandighede wat gelei het tot die afdanking van die Noordwes LUR vir paaie en vervoer, Madoda Sambatha, gaan verder ondersoek word.


Sambatha is oornag deur Premier Supra Mahumapelo afgedank. Mahumapelo se kantoor het egter bespiegelinge - dat die afdanking die eerste stap in ‘n provinsiale kabinetskommeling is – ontken. 


Sy woordvoerder, Brian Setswambung, sê Sambatha is afgedank omdat hy sy magte as LUR oorskry het nadat hy glo dokumente vir die oordrag van grond geteken het. Sambatha het glo die aantuigings erken en bevestig. Setswambung sê die saak gaan nou wyer ondersoek word.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.