On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Boer by Rustenburg geskiet en aangeval

───   MARK STEENBOK 10:22 Mon, 26 Jun 2017

Boer by Rustenburg geskiet en aangeval | News Article

Rustenburg - ‘n Boer in die Rustenburg-omgewing is gisteroggend tydens die soveelste plaasaanval in die Noordwes-provinsie aangeval en in die arm geskiet.


AfriForum se veiligheidskoördineerder, Marius Müller sê drie mans het glo die boer oorval nadat hy by sy hek op die plaas gestop het. Hy sê ‘n geveg het toe uitgebreek waarna die boer in sy arm gewond is. Hulle het later te voet ontsnap en dit is nog onbekend of enige items tydens die aanval gesteel is. Müller sê die boer het gister nog in ‘n plaaslike hospitaal aangesterk.

Die aanval volg kort nadat ’n 46-jarige man by die Habernia-plaas naby Lichtenburg deur drie onbekende mans ten aanskoue van sy ma in die kop geskiet is. Die polisie ondersoek die jongste voorval.

“Die boer het glo van ‘n kroeg af teruggekeer toe hy oorval is. Die tyd van die aanval is in hierdie stadium nog onbekend. Die boer het gelukkig geen ernstige beserings opgedoen nie. Gister was hy nog in die hospitaal, so in hierdie stadium gaan dit goed met hom.

Hy het ook gaste gehad wat op sy perseel gebly het, hulle kon darem wegkom en uit die spervuur bly,” sê Müller.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.