On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Bejaarde Potch-man sterf ná wrede aanval op kleinhoewe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:49 Mon, 04 Sep 2017

Bejaarde Potch-man sterf ná wrede aanval op kleinhoewe | News Article

'n Bejaarde man van Potchefstroom, wat langer as twee weke om sy lewe geveg het nadat hy en sy vrou wreed op hul kleinhoewe in die Haaskraal-gebied buite die stad gemartel is, is gister in 'n hospitaal in Vereeniging dood.


Die 75-jarige Victor Cooks is op 17 Augustus in die vroeë oggendure buite sy huis oorrompel. Hy het vermoedelik sy bewussyn verloor waarna hy glo in die huis in gesleep is. Sy vrou, Gwen, was in die huis.

In dié stadium soek die polisie na twee aanvallers wat die egpaar in die huis aangerand, kaal uitgetrek en met kookolie en kookwater gebrand het. Die aanvallers, wat klapmusse aangehad het, maar dit later afgehaal het, het herhaaldelik geld geëis toe hulle in die huis was. Die polisie het vroeër gesê warm gesmelte plastiek is ook op hul lywe gedrup. Hulle het die sleutels van die egpaar se kluis in die hande gekry.

Na wat verneem word, het die egpaar se seun van Johannesburg onraad vermoed toe hy nie sy ouers telefonies in die hande kon kry nie. Hy het ‘n buurman gebel en gevra om na sy ouers se kleinhoewe te gaan. Die beseerde egpaar was in hul huis.

‘n Vuurwapen, 'n onbekende bedrag geld en selfone is gebuit, waarna hulle vermoedelik te voet op die vlug geslaan het. Polisiewoordvoerder, Adéle Myburgh, het bevestig dat 'n klag van moord nou ondersoek word. Nog niemand is in verband met die aanval in hegtenis geneem nie. Twee mans is vroeër vir ondervraging ingeneem, maar is weer laat gaan.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.