On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Local News

Onderhandelinge gaan volgende week voort ná NK-mynstaking

───   MARK STEENBOK 09:06 Sat, 23 Sep 2017

Onderhandelinge gaan volgende week voort ná NK-mynstaking | News Article

Kimberley - Produksie by die Petra Diamantmyn in die Noord-Kaap gaan voort op ‘n onbeperkte skaal nadat honderde werkers sedert verlede week oor salariskwessies staak.


Dit is volgens die woordvoerder vir Petra, Gert Klopper. Hy sê onderhandelinge met die Nasionale Unie van Mynwerkers (NUM) sal na verwagting eers volgende Woensdag voortgesit word. 

Dit kom nadat meer as 150 werkers verlede Vrydag by die Ekapa Joint Venture myn in Kimberley ondergronds begin staak het om ‘n salarisverhoging te eis. 

‘n Amptelike staking het egter eers Maandag begin.

Klopper het bevestig dat mynwerkers van die Finsch myn in Koffiefontein en LimeAcres ook intussen begin staak het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.