On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Verdagtes steeds soek nadat boer geskiet is

───   MARK STEENBOK 11:21 Mon, 25 Sep 2017

Verdagtes steeds soek nadat boer geskiet is | News Article

Frankfort - Die polisie in die Oos-Vrystaat soek steeds na twee verdagtes nadat ‘n 38-jarige boer die afgelope naweek op sy plaas in die Frankfort-distrik in die gesig geskiet is.


Polisiewoordvoerder, Loraine Earle, sê die boer en sy gesin het gisteroggend omstreeks 01:00 van die dorp af teruggekeer, toe die boer se vrou iets buite gehoor het. 

Sy sê die man het ondersoek gaan instel waarna twee mans hom oorval en geskiet het. Earle sê die booswigte het toe in die huis gegaan en ‘n vuurwapen op die vrou gerig.

“Hulle het toe die vrou gedwing om die kluis oop te sluit. Hulle het met ‘n vuurwapen en die boer se bakkie op die vlug geslaan. Dit is ‘n wit dubbelkajuit Isuzu-bakkie met die registrasienommer FSR383FS.  In hierdie stadium is nog niemand in hegtenis geneem nie. Aktiveringsplanne is in plek en die polisie werk onverpoos om na die verdagtes te soek,” sê Earle.

OFM-nuus verstaan dat die boer gister vanaf Bethlehem na Bloemfontein oorgeplaas is vir verdere gesigchirugie. Hy is in ‘n stabiele toestand in die hoësorgeenheid. Die res van die gesin is ongedeërd.

Die polisie ondersoek klagte van poging tot moord, gewapende rooftog en diefstal. Persone met inligting kan Kaptein Judith Swanepoel by 082-469-2528 skakel.


OFM-nuus



Podcasts

Polisiewoordvoerder, Loraine Earle :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.