On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Irma Eloff nuwe voorsitter van SA akademie

───   11:59 Fri, 29 Sep 2017

Irma Eloff nuwe voorsitter van SA akademie | News Article
Prof. Irma Eloff

Geskiedenis is gister in Pretoria gemaak met die aanwysing van prof. Irma Eloff as Voorsitter van die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns as opvolger van prof. Wessel Pienaar van die Universiteit van Stellenbosch.


In sy bestaan van 108 jaar is prof. Eloff slegs die tweede vrou wat voorsitter van die Akademie word ná prof. Elize Botha wat tussen 1990 en 1992 die eerste vroulike voorsitter was. 

Prof. Eloff was die sewende en eerste vroulike dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde van die Universiteit van Pretoria en het haar termyn as dekaan pas beëindig. Tans is sy professor in Opvoedkundige Sielkunde aan UP. 

Sy het haar BA-graad aan die Noordwes-Universiteit behaal en vervolgens nagraadse kwalifikasies verwerf aan die Universiteit van Pretoria en die Universiteit van Stellenbosch. 

Prof. Eloff was tussen 2001 en 2002 besoekende professor by Yale-Universiteit in die VSA en was gasdosent onder meer by die Universiteit van Innsbruck, die Universiteit van Wisconsin, Fordham-Universiteit en die Universiteit van New York. 

Sy het in 2014 die International Aids Society se Prys vir Uitnemendheid in VIGS-navorsing met betrekking tot kinders gewen. Akademiese handboeke en talle navorsingsartikels het reeds uit haar pen verskyn. Sy is 'n geregistreerde psigoloog.

"Ek voel baie opgewonde oor dit wat wag in die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse Wetenskap en Kunste wat al meer as 100 jaar wetenskap en kuns in Suid-Afrika bevorder. 

"Ek is baie dankbaar vir hierdie verkiesing.

"Ons het 'n uitstekende raad en ek glo dat ons sal saamwerk oor die volgende drie jaar om wetenskap en kunste uit te bou met 'n spesifieke verwysing na die rol van Afrikaans binne wetenskap en kunste.


OFM-nuus/Verklaring

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.