On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

#Dwelmsindikaat: Twee by Upington kry borgtog

───   MARK STEENBOK 09:51 Sat, 21 Oct 2017

#Dwelmsindikaat: Twee by Upington kry borgtog | News Article

Upington - Die twee verdagtes wat in die Upington-landdroshof verskyn het in verband met hulle betrokkenheid by ‘n beweerde dwelmsindikaat in die dorp, het borgtog van R2500 elk gekry.


Valke-woordvoerder, Philani Nkwalase, sê Shirley Ezeayom en Sylvia Mameja het Donderdag op klagte van geldwassery en afpersing verskyn. 

Hy sê hulle word saam met vyf ander verdagtes aangekla wat in Maart vanjaar vir dwelmhandel in hegtenis geneem is. 

Nkwalse het bevestig dat die saak tot 14 Desember vir verdere ondersoek uitgestel is, terwyl Chimo Ekise en Timothy Oguzie waarskynlik ‘n pleitooreenkoms met die staat sal aangaan. 

Die vyf verdagtes het in Maart borgtog van tussen R2500 en R20 000 ontvang.


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.