On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Local News

Nuus pas ontvang: Nóg 'n Vrystaatse boer doodgeskiet

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:07 Tue, 31 Oct 2017

Nuus pas ontvang: Nóg 'n Vrystaatse boer doodgeskiet | News Article

'n Middeljarige boer se lyk is vanoggend vroeg met skietwonde op 'n plaas in die Ficksburg-distrik gekry.


Vrystaat Landbou se ondervoorsitter, Tommie Esterhuyse, sê min inligting is nog bekend. Die polisie is op die toneel. Hy sê na wat verneem word, was die boer alleen tuis. Dit is nog onbekend wanneer hy doodgeskiet is en hoeveel aanvallers betrokke was.

 Sy lyk is deur werknemers langs sy bed in sy slaapkamer gevind. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, het by navraag bevestig daar was 'n voorval, maar kon nie verder daaroor uitwei nie. 

Esterhuyse sê nog 'n plaasaanval in die Marquard-gebied is gister afgeweer deur die parate optrede van 'n boer se vrou. Die egpaar was in hul plaashuis toe hulle 'n onbekende man by hul slaapkamervenster gesien het. Die boer se vrou het 'n skoot afgevuur waarna die man gevlug het.  

Die polisie ondersoek ‘n klag van moord.

OFM-nuus weerhou die boer se naam op versoek.

OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.