On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Pak maar weer die wintersklere uit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:56 Tue, 14 Nov 2017

Pak maar weer die wintersklere uit | News Article

Koue weerstoestande, reën, sterk wind en sneeu op plekke word vandeesweek in die grootste deel van die sentrale binneland voorspel.


'n Voorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tumi Phatudi, sê 'n bolugtrog in die westelike deel van die land beweeg vandag ooswaarts, met geïsoleerde buie en donderbuie wat in die suidelike deel van die Noord-Kaap, die hele Vrystaat en dele in Noordwes kan voorkom. Dié toestande duur môre en Donderdag voort. Sy sê daarmee saam kan mense hulle gereedmaak vir ongewone koue weer môre (Woensdag) en Donderdag in groot dele van die binneland.  


Sy sê daar is vandag en môre 'n 30%- tot 60%-kans op reën en donderbuie in die suidelike en die suidoostelike deel van die Noord-Kaap, dele van die Vrystaat en Noordwes met 'n 60%-kans op reën in die noordoostelike deel van die Vrystaat. Koue tot baie koue toestande word Donderdag in die noordoostelike deel van die Vrystaat voorspel met maksimum dagtemperature van 13 grade Celsius in Bethlehem en 11 grade Celsius by die Vanreenenspas.


 

Die gure weerstoestande klaar teen Vrydag op met warmer toestande en geen reën wat vir die naweek voorspel word nie.  Phatudi sê nog 'n kouefront beweeg teen Maandag oor die sentrale binneland met enkele buie wat op plekke kan voorkom.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.