On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Situasie by Noordwes-skool keer terug na normaal

───   DANE BEISHEIM 14:44 Tue, 21 Nov 2017

Situasie by Noordwes-skool keer terug na normaal | News Article

Die situasie by die Hoërskool Bethel naby Coligny in Noordwes is weer normaal en eksamens verloop vlot.


Dit is volgens die provinsiale Departement van Onderwys en Sportontwikkeling en volg ná berigte van intimidasie deur Graad 12-leerders teenoor die Graad 8-leerlinge sedert Sondag 12 November. 

Die LUR van Onderwys en Sportontwikkeling, Sello Lehari, het die beweerde voorvalle ten sterkste veroordeel en gesê dat daar geen beleid in die departement is wat sulke gedrag in skole bevorder nie. 

Graad 12-leerders het glo 15 bottels gekonsentreerde sap uit die eetsaal gesteel en in die swembad gegooi. Al die kos in die eetsaal is ook in die swembad gegooi om die graad 8-leerders te “doop”. Leerders het glo ook departementele beamptes gevloek wat probeer het om hulle aan te spreek. Hulle het gedreig om die huis en die motor van hul skoolhoof aan die brand te steek.

Die volgende dag het leerders hul matrasse op die skool se dak gepak met die doel om die skool af te brand. 

‘n Spesiale Polisie-taakmag moes ingespan word om die situasie te beredder. Daar is alternatiewe akkommodasie by die Coligny Spesiale Skool vir die Graad 12s gereël. 

Voordat hulle van die skoolterrein verwyder is, het hulle deure en ander bates in die kombuis gebreek en hul koshuis-toesighouer aangerand. Dieselfde leerders is beseer omdat hulle vensters en geboue beskadig het.


Lees nog OFM-nuus hier

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.