On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Nolwethu
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Wees versigtig op die N3 by Villiers - Polisie

───   14:28 Thu, 23 Nov 2017

Wees versigtig op die N3 by Villiers - Polisie | News Article

Die polisie in Villiers in die Oos-Vrystaat het 'n waarskuwing aan motoriste uitgereik om versigtig te wees op die N3 naby dié dorp en Cornelia.


Daar is onlangs 'n verskeie aantal rooftogte hier aangemeld, waartydens motoriste deur 'n ongemerkte voertuig met blou ligte van die pad afgetrek word. Die insittendes van dié voertuig dra glo ook polisie-uniforms, maar wanneer motoriste van die pad aftrek, word hulle beroof. Die polisie maan padgebruikers om nie te stop indien hulle deur dié bloulig-voertuie gestop word nie, maar eerder na hul naaste polisiekantoor te ry.

Die polisie waarsku ook vragmotorbestuurders in dieselfde omgewing om bedag te wees op die toename in die diefstal van vragmotorbande. Diewe het klaarblyklik die afgelope tyd begin om die bande van vragmotors af te steel wanneer bestuurders saans langs die pad stop om te rus.

Die polisie beveel aan dat bestuurders eerder na 'n veilige plek ry, en daar stop.


Kliek hier vir nog OFM-nuus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.