On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

NW: Beweerde gesinsmoord eis vier

───   MARK STEENBOK 15:45 Tue, 28 Nov 2017

NW: Beweerde gesinsmoord eis vier | News Article

Die Noordwes-polisiekommissaris, Baile Motswenyane, het haar skok uitgespreek nadat die lyke van vier gesinslede in ‘n huis naby Potchefstroom ontdek is.


Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê die lyke van ‘n 46-jarige man, sy vrou en twee negejarige seuns is gisteraand omstreeks 22:00 by die woning in Ikageng gevind.

Sy sê volgens inligting het die man en sy vrou ‘n argument gehad voordat hulle gaan slaap het. Funani sê die man het later vir sy stiefdogter gesê om na haar ma in die woonbuurt te gaan soek.

Sy sê toe die 13-jarige terugkeer, het sy op haar stiefpa se lyk afgekom waar hy aan ‘n balk van die dak gehang het.

“Die stiefdogter het, nadat sy op die lyk afgekom het, hulp by die bure gaan ontbied. Toe hulle terugkeer, is daar op nog drie lyke afgekom. Die polisie gaan ‘n geregtelike doodsondersoek doen, terwyl ons ook drie klagte van moord ondersoek,” sê Funani.

Motswenyane het haar medelye met die familie getoon. Sy het die voorval ten sterkste veroordeel, juis omdat dit ten tyde van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika veldtog plaasgevind het. Sy vra dat paartjies wat baklei, gebruik maak van kundiges om soortgelyke voorvalle te voorkom.

Die motief vir die moord is nog onbekend.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.