On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vrou vas oor vervalste geld ter waarde van R1 miljoen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:57 Mon, 15 Jan 2018

Vrou vas oor vervalste geld ter waarde van R1 miljoen  | News Article

'n Vrou is die naweek in Bloemfontein in hegtenis geneem in verband met die besit van vervalste geldnote ter waarde van meer as R1 miljoen.


Die 49-jarige vrou sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn. Sy staan tereg op ‘n aanklag van die oortreding van artikel 32 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Die Valke se woordvoerder in die Vrystaat, S'Fiso Nyakane, sê lede van die plaaslike intelligensie-eenheid en taktiesereaksiespan het inligting ontvang en opgevolg het. 'n Lokval is gestel en die vrou is Saterdag in die stad voor 'n motorhandelaar oorkant 'n vulstasie in hegtenis geneem.

Intussen het OFM-nuus verneem die vrou besit 'n plaaslike besigheid en sy voer aan sy is 'n pastoor. Nyakane sê nóg in hegtenisnemings kan volg.


Kliek hier vir nog OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.