On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Local News

Veiligheidswag in transitorooftog gewond

───   JOSCA HUMAN 13:01 Fri, 02 Mar 2018

Veiligheidswag in transitorooftog gewond | News Article

Rustenburg - ‘n Geldwa is vanoggend op die Marikana-pad naby Kroondal, Rustenburg, in Noordwes beroof.


Volgens polisiewoordvoerder, Elsabe Augoustides, het ongeveer 10 tot 12 swaar gewapende mans die geldwa in drie verskillende voertuie gevolg en dit van die pad af gedwing. Die verdagtes en sekuriteit het op mekaar begin skiet toe die verdagtes ploftoestelle na die geldwa gegooi het. Augoustides sê die geldwa is in die ontploffing oopgeskiet en die verdagtes het met ‘n onbekende bedrag geld gevlug. Sy sê een veiligheidswag is in sy enkel gewond.

ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê ‘n ligte motorvoertuig op die toneel het talle koeëlgate. Plaaslike owerhede het die pad gesluit terwyl paramedici die pasiënte op die toneel behandel het. Een man het 'n skietwond in sy onderbeen opgedoen. Paramedici het die man behandel en daarna na 'n nabygeleë private hospitaal vir verdere behandeling vervoer.

Die presiese besonderhede rondom hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel om dit verder te ondersoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.