On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben
Listen Live Streams

Local News

#OFMBeHappy: Booswigte loop hul vas teen fikse polisiebeamptes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:07 Tue, 20 Mar 2018

#OFMBeHappy: Booswigte loop hul vas teen fikse polisiebeamptes | News Article

Altesaam drie booswigte, wat gedink het hulle kan die polisie uitoorlê en vir fikse polisiebeamptes weghardloop in twee afsonderlike voorvalle in Bethlehem en naby Vrede, het egter 'n ontnugtering gekry.


Twee mans, onderskeidelik 33 en 40, wat met beweerde gesteelde nuwe houtdeure en rame in die sakesentrum van dié dorp geloop het, is aangekeer toe polisiebeamptes nie geskroom het om hulle agterna te sit nie. Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Zweli Mohobeleli, sê polisiebeamptes het dié gebied Saterdag in 'n misdaadvoorkomingsoperasie (Back to Basics) gepatrolleer. Hulle die mans gesien loop met die houtdeure en rame en snuf in die neus gekry.

Hy sê die mans kon nie genoegsame bewys lewer dat die goedere aan hulle behoort nie. Hulle is aangekla vir die besit van beweerde gesteelde goedere.

In die ander voorval het lede van die Roadside-polisiekantoor 'n man in 'n oop stuk veld naby 'n plaas in die Vrede-distrik sien loop. Hy het twee groot sakke gedra en het verdag voorgekom.

Mohobeleli sê die polisiebeamptes het aan hom gesê om nie verder te loop nie, maar hy het probeer weghardloop toe hy die polisiebeamptes gewaar. Die atletiese en flinke beamptes het egter nie op hulle laat wag nie en dié 25-jarige is aangekeer. Die polisie het op stukke van ‘n skaap se karkas, wat in die sakke was, beslag gelê.

Dit het later aan die lig gekom dat skape gesteel en geslag is op 'n plaas in die gebied.

‘n Klag van veediefstal word ondersoek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.