On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Local News

Amptenare besoek skool na skietvoorval in NK

───   17:19 Thu, 19 Jul 2018

Amptenare besoek skool na skietvoorval in NK | News Article
Photo: Supplied

Amptenare van die Noord-Kaapse Onderwysdepartement het Donderdag die skool by Kuruman – waar ‘n graad 10 leerling gister dood geskiet is, besoek.


Leerlinge en onderwysers van die Makgolokwe skool, op Batlharos – net buite Kuruman is nog in skok oor die voorval. 

Departement woordvoerder, Lehuma Ntuane, het aan OFM Nuus gesê volgens inligting was die 17-jarige leerling oppad vanaf die badkamer oppad na die klaskamer gedurende klastyd toe hy vermoedelik ‘n onderonsie met ‘n volwassene wat buite die skoolterrein was gehad het. 

Die volwassene het toe twee skote afgevuur waarvan een die leerling getref het. 

Intussen het Polisiewoordvoerder Dimakatso Mooi gesê ‘n 38-jarige verdagte wat homself aan die polisie oorgegee het gaan na verwagting Vrydag in die Kuruman Landdroshof verskyn op ‘n klag van moord.


OFM News

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.