On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Top Noord-Kaapse matrikulant aangewys

───   CATHY DLODLO 12:21 Fri, 04 Jan 2019

Top Noord-Kaapse matrikulant aangewys  | News Article
Photo: Facebook

‘n Matrikulant van Kimberley, Janneke Pienaar van Diamantveld Hoërskool, het meer as 12 000 meedingers in die stof gelaat se vanoggend as die top matrikulant in die Noord-Kaap aangewys is.


Onderwys LUR Martha Bartlett sê Pienaar is ‘n bewys dat aanhouer wen. Sy sê altesaam vier skole - Kimberley Meisies Hoërskool, Hopetown, Hartswater en Vaalrivier Hoërskool is as die top skole aangewys. Bartlett sê die departement moes verskeie uitdagings tydens die 2018 akademiese jaar in die gesig staaar. Veral in die Frances Baard Distrik wat deurgeloop het deur protesoptredes/protesaksies. Te midde van die diensleweringsoptogte het ouers besluit om hulle kinders te laat tuis bly want die departement kon nie die kinders se veiligheid verseker nie. Die LUR het ‘n beroep gedoen op gemeenskappe om die onderrig van kinders te respekteer om tydens protestoptogte seker the maak hierdie reg word nie geskend nie. Die Namakwa-streek het die hoogste slaagpersentasie – 83.7% in Noord-Kaap behaal. 

Hierteenoor is altesaam 32 skole as nie-presterende skole geklasifiseer. Hierdie skole, waarvan meeste in die Frances Baard–streek geleë is, se slaagsyfer is onder 60%.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.