On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

La Nina, wat vloede veroorsaak, bly vir 2011 hier

───   06:47 Tue, 18 Jan 2011

La Nina, wat vloede veroorsaak, bly vir 2011 hier | News Article

Die Gariepdam 'n paar dae gelede. Foto: verskaf.

Die sogenaamde La Nina-natuurverskynsel wat verwoestende vloede regoor die land veroorsaak het, sal na verwagting vir die res van die jaar voortduur. Die minister van samewerkende regering Sicelo Shiceka het gister gesê die geleidelike verhitting van die Stille Oseaan veroorsaak abnormale reënvalpatrone. Dit kom nadat die regering aangedui het dat hy dalk binnekort 'n nasionale ramptoestand gaan aankondig nadat vloede in sewe provinsies groot skade aangerig het. Die provinsies is die Vrystaat, Noord-Kaap, Noordwes, Gauteng, Kwazulu-Natal, Mpumalanga en Limpopo. Shiceka sê 'n geraamde R356 miljoen se skade is reeds aangerig, maar dié syfer sal na verwagting styg. Minstens 40 mense is dood en sowat 6 000 sonder heenkome gelaat. Die regering sê hulp word verleen waar nodig, en verwoeste infrastrukture soos brûe en paaie sal binnekort herstel word.
Intussen het die Suid-Afrikaanse weerdiens nog swaar reën vir vandag in vier provinsies voorspel. Inwoners van Noordwes, Gauteng, Mpumalanga en Limpopo is aangeraai om op hulle hoede in reeds-oorstroomde gebiede te wees. Nooddienste bly op 'n hoë gereedheidsgrondslag terwyl provinsiale regerings spartel om hulpbronne in die hande te kry om mense te help wie se huise weggespoel is.

Bua News

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.