Local News
Aangangers praat harte uit oor wyle "Frikkadel"─── 16:46 Thu, 16 Jun 2011

Lani Fouché
Sentraal-Suid-Afrikaners is platgeslaan oor die nuus van akteur Zack du Plessis se afsterwe. Die bekende vermaaklikheidster is vanoggend vroeg by sy huis in Pretoria oorlede. Hy was 60 jaar oud. Du Plessis was veral bekend vir sy rolle in televisiereekse soos Orkney Snork Nie, Vetkoekpaleis en Maak 'n Las. Hy en sy vrou, Magda van Biljon was vir 40 jaar in die teaterwêreld betrokke. Hy is 'n paar weke gelede in die Little Company of Mary-kliniek in Pretoria vir 'n longkwaal behandel. Aanhangers sê hulle sal hom altyd onthou.
Frank Opperman, wat die rol van Du Plessis se seun in Orkney Snork Nie gespeel het, sê hy sal hom veral onthou vir sy skerp sin vir humor.
Begrafnisreëlings vir Du Plessis is nog nie bekend nie. Hy word oorleef deur sy vrou, 'n seun en 'n dogter.
Aangangers praat harte uit oor wyle "Frikkadel":