Local News
Geen tornado na Welkom op pad nie─── 15:38 Tue, 18 Oct 2011

Lani Fouché
Welkom - Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het gerugte dat 'n tornado na Welkom op pad is, in die kiem gesmoor. Fihle Kunene van die Weerdiens in Bloemfontein sê daar word wel swaar donderstorms in die noorde en ooste van die Vrystaat verwag, sowel as dele van Noordwes, Gauteng, suidwestelike Limpopo en die platorand van Mpumalanga. Verskeie OFM luisteraars het geskakel met vrae rondom die gerugte dat 'n tornado oor Welkom kan beweeg. Kunene sê egter hael en sterk winde kan voorkom, wat in uitsonderlike gevalle tornados ook kan meebring.