On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast James
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Local News

Geen tekort aan petrol of diesel in die land nie

───   17:44 Tue, 18 Oct 2011

Geen tekort aan petrol of diesel in die land nie | News Article

Lani Fouché

Secunda - Die Suid-Afrikaanse Petroleum Bedryfsvereniging sê daar is géén tekort aan petrol of diesel in die land nie. Dit volg nadat die Nasionale Olieraffinadery van Suid-Afrika, Natref, gesê het dat 'n 44-dae lange sluiting van die Secunda-aanleg 'n tekort aan Diesel 500 veroorsaak het. Uitvoerende direkteur van die Petroleum Bedryfsvereniging, Avhapfani Tshifularo, het aan OFM Nuus bevestig dat hulle van geen tekort bewus is nie, en dat indien 'n tekort wel sou ontstaan, hulle dadelik daarvan ingelig sal word. Hy sê daar behoort ook nie gedurende die feesseisoen enige petrol- of dieseltekorte by vulstasies in die land te wees nie.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.