Local News
Griekwastad: Advokaat benadruk noukeurigheid─── 11:46 Thu, 19 Apr 2012

Maricelle Botha
Bloemfontein - OFM Nuus het advokaat Dup de Bruyn gepols oor die belangrikheid van polisiewerk en die versameling van forensiese getuienis. De Bruyn het gesê die polisie moet ten alle tye uiters noukeurig te werk gaan, veral waar ernstige misdade betrokke is. Hoewel hy nie enige kommentaar wou lewer oor gerugte dat forensiese getuienis tydens die polisie-ondersoek ná die moorde op Griekwastad verlore gegaan het nie, sê hy dat die eerste 48uur van kardinale belang is vir die ondersoek. De Bruyn tree op as regsverteenwoordiger vir Fred van der Vyver wat in Maart 2005 aangekla is op die moord van die Matie, Inge Lotz. Met De Bruyn se hulp het Van der Vyver die minister van polisie vir kwaadwillige vervolging gedagvaar nadat hy in 2007 van die moord op Lotz vrygespreek is. Tydens hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat daar met forensiese getuienis gepeuter is.
Adv. Dup de Bruyn. Foto: Rapport/Christiaan Kotze
Griekwastad: Advokaat benadruk noukeurigheid: