Local News
Piet Byleveld binnekort in Bfn vir Lotz-ondersoeke─── 14:32 Thu, 26 Apr 2012

Lani Fouché
Piet Byleveld - die topspeurder wat deur Inge Lotz se pa genader is om haar raaiselagtige moord op te los - se jongste ondersoeke neem hom binnekort na Bloemfontein. Byleveld sê nadat hy vroeër vandeesweek 'n beroep om wyle Lotz se vriende en vriendinne gedoen het om hom te kontak, het hy nuwe inligting ingewin wat moontlik van waarde kan wees.
Lotz is sewe jaar gelede op 22-jarige ouderdom dood in haar woonstel in Stellenbosch aangetref. Haar kêrel, Fred van der Vyfer, is van haar moord aangekla, maar is later vrygespreek. Hy het intussen die staat gedagvaar vir kwaadwillige vervolging. Lotz se pa, professor Jan Lotz, het vroeër R1 miljoen uitgeloof vir leidrade wat tot 'n arrestasie kan lei. Hy sê hy en sy gesin soek nou afsluiting.
Piet Byleveld. (Foto: IOL)
Die vermoorde Inge Lotz.
Piet Byleveld binnekort in Bfn vir Lotz-ondersoeke: