Local News
Bekendes durf die koue aan vir Bikers for Mandela─── 14:54 Mon, 16 Jul 2012

Mariné Jacobs
Die Bikers for Mandela-inisiatief is Maandag in Dordrecht in die Oos-Kaap, nadat hulle oor die naweek by Clocolan en Zastron in die Vrystaat ‘n draai gemaak het. Sewe-en-sestig motorfietsryers, waaronder ‘n hele paar bekendes, ry vir ‘n week deur die land en neem deel aan verskeie projekte om die gemeenskap op te hef.
Van die bekendes wat hierdie jaar deelneem, sluit in DJ Fresh van 5FM, die Idols-wenner Elvis Blue en bekende sanger, Dozi. Dozi het vanuit die Oos-Kaap met OFM gesels en sê dat dit ‘n wonderlike ervaring is om deel van só projek te wees:
Die motorfietsryers sal vandag na Queenstown vertrek en die projek sal Vrydag in Pretoria tot ‘n einde kom.
Sanger Dozi doen sy deel vir liefdadigheid tydens die Bikers for Mandela-veldtog. (Foto: Facebook)
Bekendes durf die koue aan vir Bikers for Mandela :