Local News
Piet Byl steeds 'op' Lotz-moordsaak─── 12:36 Tue, 07 Aug 2012

Lani Fouché
Suid-Afrikaanse baasspeurder Piet Byleveld is steeds besig om inligting op te volg en onderhoude met moontlike getuies te voer in die jarelange soektog na Inge Lotz se moordenaar.
Byleveld is in Maart vanjaar deur Lotz se pa, Professor Jan Lotz, genader om vas te stel wie sy dogter op 22-jarige ouderdom in 2005 in haar woonstel op Stellenbosch vermoor het.
Byleveld sê hoewel hy nie veel oor sy ondersoeke aan die media kan bekendmaak nie, vorder hy goed. Hy sê hy gaan binnekort met individue in Bloemfontein vergader, wat moontlik met die ondersoeke kan help.
Die Lotz-gesin het verskeie jare gelede in Bloemfontein gewoon. Inge se kêrel, Fred van der Vyver, is in 2007 vir haar moord verhoor, maar is ná tien maande vrygespreek.
Professor Lotz het vroeër aan OFM Nuus gesê hy hoop dat Byleveld die raaiselagtige moord kan oplos, sodat hy en sy familie berusting kan vind.
Piet Byl steeds 'op' Lotz-moordsaak: