Mid-Morning Magic
#OFMKinderhoekie - Lionsrock - Om 'n groot kat oppasser te wees─── 09:07 Tue, 05 May 2020
Ons kuier saam met FOUR PAWS by Lionsrock net buite Bethlehem in die Vrystaat. Vandag vind ons uit wat dit alles behels om 'n kat-oppasser te wees by Lions Rock en vind ons uit van 'n kinderboek wat jy gratis op hulle webblad kan gaan aflaai.
As jy eendag graag diere soos die by Lionsrock wil oppas, kan jy hier gaan kyk wat hulle elke dag doen. Luister ook na die potgooi hier onder. In hierdie video kan jy sien hoe die diere gevoer word.
Hier kan jy ook op 'n virtuele toer van Lionsrock gaan. Kliek hier: https://www.four-paws.org.za/education-community-engagement/clickandlearn/virtual-tours
As jy lief is vir lees kan jy ook die gratis kinderboek gaan aflaai: Londi learns about lions at Lionsrock. Hier is die skakel: https://www.four-paws.org.za/our-stories/publications-guides/e-book-londi-learns-about-lions-at-lionsrock

© FOUR PAWS | Daniel Born
Indien jy 'n paar speletjies wil speel of wil sien hoe van die diere yoga doen, gaan loer gerus hier: https://www.four-paws.org.za/education-community-engagement/clickandlearn

© FOUR PAWS | Daniel Born
As jy moedeloos is om vanaf die huis te werk, hier is bietjie motiveering van die diere by Four Paws.
As jy meer wil weet oor Lionsrock, besoek hulle webblad hier: https://www.lionsrock.org/ of om Four Paws te onersteun, maak gerus 'n draai hier: https://www.four-paws.org.za/

#OFMKinderhoekie - Lions Rock - Om 'n groot kat oppasser te wees:
