On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop: VS Kunstefees se Vrynge en Blerkas program gaan jou verras

───   08:54 Wed, 21 Sep 2022

#OFMKunsteklop: VS Kunstefees se Vrynge en Blerkas program gaan jou verras | News Article

Vanjaar se Vrynge-program is propvol met alles van kinderteater, eksperimentele vertonings, die kunstefees se musiek program trek ook 'n nuwe baadjie aan.

Vanjaar se Vrynge-program is propvol met alles van kinderteater, eksperimentele vertonings, nuwe produksies en nog baie meer. Die Blerkas trek ook vanjaar 'n nuwe baadjie aan. 

In vandag se OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Feeskoordineerder Isabel Lock en Artistieke Direkteur Michael Garbett oor wat feesgangers kan verwag as dit kom by vanjaar se musiek program, Vrynge vertonings so wel as van die teater produksies wat beslis op jou "moet sien" lysie hoort. 

Die Vrynge-prograam poog om 'n omgewing te skep wat vryheid van praktyk inspireer, innovasie ondersteun, kreatiewe bedrywe aanmoedig en kapasiteit bou.

Lees ookk: #OFMKunsteklop: Kom smul aan lekker feeskos by die VS Kunstefees

Vrynge se program sluit letterkunde, visuele kunste, film, mode, argitektuur, musiek, dans, uitvoeringskuns, interdissiplinêre en eksperimentele kuns, plekspesifieke werk en teater in, asook ruimte vir innoverende kos en drank, en ander kreatiewe bedryfspraktyke.

Om kaartjies vir enige Vrynge-produksies te bespreek, klik op die skakel hieronder:

Webtickets.co.za

Vind uit meer oor vanjaar se Bêrkas optreedes hier: Vrystaat Kunstefees


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.