Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop - Feestefokus met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief─── 11:21 Tue, 05 May 2020
Wat is die toekoms van kunstefeeste dwars oor die land? Hoe beweeg 'n fees na 'n aanlyn platform en wat word van die interaksie met gehore? Hierdie is net van die vrae wat gedurende die aanlyn paneelgesprek in Feestefokus plaasvind.
Ek gesels met Cornelia Faasen – Hoof Uitvoerende Beampte van die Nasionale Afrikaanse Teater Inisiatief (Nati) oor hulle panneelgesprek Woensdag die 6de Mei 2020, 14:00 via Zoom oor hoe feeste aanlyn gaan lewe. Ook deel van die gesprek is Aardklop, Innibos, KKNK, The Festival Academy, Suidoosterfees, Vrystaat Kunstefees, die Nasionale Kunstefees, Woordfees en die Salzburg Global Seminar. Die paneelgesprek word aangebied deur die Vrystaat Kunstefees. Luister gerus hier hoe jy deel kan wees van die gesprekke.



#OFMKunsteklop - Feestefokus met die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief:
