Mid-Morning Magic
#OFMKinderhoekie - DrumAbility: Pensie die muis - Episode 3─── 08:12 Wed, 13 May 2020
Storietyd is so belangrik vir die kleinspan en te danke aan Drumability kan jy deel wees van die storie en saam met ons die klanke maak terwyl die storie aan die gang is. Vir episode 3 het jy twee teelepels, braaisout en 'n kosblik nodig.
Jaco Spies van Drumability kuier by ons in die #OFMKinderhoekie en gedurende storietyd ontmoet ons weer vir Pensie die muis. Jy kan saam met Pensie die muis die klanke vir die storie maak. Luister gerus hier of kyk saam na die video hier onder.
Om meer te weet oor Drumability, besoek hulle webblad hier: https://drumability.co.za/

#OFMKinderhoekie - DrumAbility: Pensie die muis - Episode 3:
