On Now
Weekends 20:00 - 23:59
Saturday Nights OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop: OPTOG stel e-biblioteek met virtuele konserte bekend

───   09:45 Thu, 18 Jun 2020

#OFMKunsteklop: OPTOG stel e-biblioteek met virtuele konserte bekend | News Article

Die reuse belangstelling in vermaak en verligting het gelei tot die geboorte van OPTOG! se nuutste projek: ’n e-biblioteek. Hierdie platform maak toneel- en musiekproduksies op die langduur aan nasionale, sowel as internasionale gehore beskikbaar.


OPTOG! is twee jaar gelede op die been gebring met die doel om kuns toeganklik te maak vir almal. Meer as 150 toneel- en musiekproduksies is in 2019 regoor die land aangebied en 2020 se kalender was reeds propvol, maar die onlangse inperking het die span genoop tot innovasie en die eerste aanlyn, oftewel e-konsert, is op 23 Maart aangebied.

OPTOG! was een van die eerste organisasies wat gebruik gemaak het van aanlynplatforms om produksies en vertonings tydens inperking beskikbaar te stel en het reeds sewe aanlyn konserte aangebied. Die konserte is uit meer as 100 lande regoor die wêreld gekyk en het bykans ’n R1 miljoen ingesamel vir kunstenaars, tegnici en administratiewe-personeel in die kunste.

 


Die reuse belangstelling in vermaak en verligting het gelei tot die geboorte van OPTOG! se nuutste projek: ’n e-biblioteek. Hierdie platform maak toneel- en musiekproduksies op die langduur aan nasionale, sowel as internasionale gehore beskikbaar. Die eerste drie konserte (twee Nataniël e-kuiers en ’n Drie van die Bestes-konsert) is reeds beskikbaar, maar die biblioteek sal voortaan weekliks konserte ryker word.



Twee nuwe toevoegings tot dié e-biblioteek is reeds gemaak. Jannie Moolman en Kevin Leo se konsert Crooners is beskikbaargestel.

Hierdie viering van dié groep kunstenaars wat dekadeslank reeds gehore laat saam sing sluit bekende treffers soos Mack the Knife, Spanish eyes, Delilah en Unchained Melody in. 

Charl du Plessis Trio se vertoning Ode to Joy, is ook beskikbaar. Sien uit na Jazz, pop, en klassieke-klanke soos net hierdie drie gevierde kunstenaars dit kan aanbied.

Daar kan ook uitgesien word na vertonings van onder andere Jak de Priester, Nataniël, Mathys Roets, Nathan Smith en Robbie Wessels.



Kry toegang tot die nuwe (en binnekort uitgebreide) e-biblioteek deur www.optog.co.za te besoek. Alle konserte is teen slegs R50 beskikbaar en kan enige tyd, enige plek gekoop en gekyk word. Vir meer inligting oor die nuutste projekte en toevoegings tot die e-biblioteek hou gerus OPTOG! se sosiale media-blaaie dop.


Podcasts

#OFMKunsteklop: OPTOG stel e-biblioteek met virtuele konserte bekend:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.