On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#Winterkos - Grain Field Chickens Hoender & Klapper Kerrie

───   08:04 Fri, 10 Jul 2020

#Winterkos - Grain Field Chickens Hoender & Klapper Kerrie  | News Article

Dis nou al behoorlik koud en die weerkantoor het laat weet dat ons behoorlik gaan bibber die naweek. En, net betyds, het ek onlangs geleer om die lekkerste kerrie te maak – regte ‘comfort food'!


Hierdie is ’n hoender-en-klapper kerrie wat met Grain Field Chickens se hoenderdytjies gemaak word.

Ek moet bieg, ek is nie iemand wat sommer self so ‘n dis aanpak nie, en gelukkig was die 2019 Kokkedoor-wenner, Wilhelmina Garcao, net om die draai om te help.



Bestanddele:

500g hoenderdytjies (bene en vel verwyder)

olie om in te braai

3 huisies knoffel (fyngekap)

2 eetlepels fyngemaalde vars gemmer

2 teelepels koljanderpoeier

2 teelepels geelkerriepoeier

3 eetlepels rooikerriepasta (pas hoeveelheid aan na smaak)

1 eetlepel lemmetjiesap

3 eetlepels klapperolie (2 eetlepels + 1 apart)

1 groot rooisoetrissie (in dun repe gesny)

1 blik volroom klappermelk

Halwe geelui (in blokkies gesny)

1-2 teelepels Oosterse vissous (opsioneel)

Kwartkoppie vars koljander en/of basieliekruid 

Fyn seesout en varsgemaalde swartpeper

Opsioneel: kasjoeneute of grondboontjies

Bedien met: Gekookte Basmatirys of vars Naanbroodjies met ekstra lemmetjieskywe 

Metode:

1.  Sny die ontbeende hoenderdytjies in happie-grootte porsies.
2.  Verhit olie in ’n groot, diep braaipan oor medium-hoe hitte en voeg die blokkies hoender by.
3. Braai vir sowat 20 minute tot gaar.
4. Haal uit pan en sit eenkant.
5. Verhit 2 eetlepels van die klapperolie in ’n groot, diep braaipan oor medium-hoë hitte. Soteer die uie vir 3-5 minute tot goudbruin.
6. Roer gemmer en knoffel by en maak seker als is bedek met olielagie. Draai hitte af na laag en voeg die rooikerriepasta, kerriepoeier en koljanderpoeier by. Roer gereeld en braai vir 2-3 minute.
7. Draai hitte weer op na medium-hoog en voeg die oorblywende klapperolie en rooisoetrissie by. Roer vir ’n paar minute.
8. Geur met sout en peper na smaak en voeg bruinsuiker, klappermelk en lemmetjiesap by.
9. Voeg die vissous by, indien verkies, nadat kerriesous begin verdik het.
10. Voeg weer hoederblokkies by en kook vir sowat 5-10 minute tot verhit.
11. Bedien oor gekookte Basmatirys of saam met vars Naanbroodjies
12. Rond af met vars koljander en/of basieliekruid en voeg neute by indien verkies.
13. Sit voor met lemmetjieskywe.


Onthou, kry jou Grain Field Chickens plaasvars, top gehalte hoenderprodukte, beskikbaar in vars, bevrore en gemarineerde porsies, by jou plaaslike supermark. 

Vir meer resepte, produkinligting en meer, besoek grainfieldchickens.co.za, of “like” hul Facebookblad.

Grain Field Chickens is nie net trots Suid-Afrikaans nie, maar oor trots Sentraal Suid-Afrikaans. Hulle is deel van die VKB-groep, en hul aanleg is op Reitz in die Vrystaat geleë.

Grain Field Chickens – Bring home the taste!

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.