On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders

───   10:10 Wed, 22 Jul 2020

#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders | News Article

Hierdie is 'n wonderlike geleentheid vir opkomende illustreerders om hulle kuns in 'n boek te laat verskyn. Al die besonderhede om in te skryf vind jy hier. Ek gesels ook met Reon Erasmus van Protea Boekhuis, luister gerus.


Protea Boekhuis is op soek na buitengewone opkomende illustreerders.

Is jy een van hulle? Stuur vir Protea Boekhuis voorbeelde van jou werk en kry internasionale erkenning!



·          Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat al drie saam ? storie vertel (dit kan ‘n bestaande storie wees of jou eie). Sluit die teks in wat by elke illustrasie hoort en gee ook ‘n kort opsomming van die hele storie in hoogstens 250 woorde. Stuur dit as ‘n Word-dokument.

·          Dit mag nie voorheen gepubliseerde illustrasies wees nie.

·          Enige medium en tegniek mag gebruik word.



·          Jy mag alleen deelneem indien jy nog nie ‘n volledige prenteboek deur ‘n gevestigde uitgewery gepubliseer het nie. Jy mag wel deelneem indien jy slegs reeds opvoedkundige boeke geïllustreer het of jou werk opgeneem is in ander kontekste as prenteboeke; byvoorbeeld bundels, boekomslae en volwasse fiksie.

·          Illustreerders van lande buite die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Suid-Afrika, Duitsland, Nederland en België mag wel deelneem deur hul bydraes te laai op die werf van enige van die organiserende lande. Die tekste moet in daardie geval in Engels wees.

Laai voor 10 Augustus 2020 jou illustrasie en bygaande teks - wat saam ? verhaal vertel - op. As jy die eerste digitale keuring slaag, sal ons jou vra om drukstukke van jou werk te stuur.



'n Professionele groep beoordelaars sal die drie beste inskrywings in Nederland/België, Suid-Afrika, Duitsland en die Verenigde Koninkryk kies. Die uitslag sal in Augustus 2020 bekendgemaak word op www.wwpbic.com. Wenners sal ook per e-pos ingelig word.

Die werk van die wenkunstenaars sal deel wees van ? reisende tentoonstelling in die deelnemende lande. Die finale keuse van wenillustrasies word in ? internasionale katalogus gepubliseer en voorgestel aan talle van die bekendste internasionale kinderboekuitgewers by die Bologna Kinderboekebeurs in 2020 - ’n uitstekende geleentheid vir kunstenaars om internasionale blootstelling te kry.



HIer is die skakel vir inskrywings:

https://www.wwpbic.com/


Podcasts

#OFMKunsteklop - Protea Boekhuis kompetisie vir opkomende illustreerders:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.