On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Van Broadway na Birdstraat: 'n Eerste vir aanlyn vermaak

───   09:22 Thu, 23 Jul 2020

#OFMKunsteklop - Van Broadway na Birdstraat: 'n Eerste vir aanlyn vermaak | News Article

'n Geselskap van 28 sanger-danser-akteurs, al ons gunstelingliedjies van die mees ikoniese musicals – al die pad van Broadway na Stellenbosch. 'n Eerste van sy soort vir Suid Afrikaanse aanlyngehore.


Neem daai geel baksteenpad tot in New York se 42ste Straat, waar akteurs aan lamppale hang en in die reën sing terwyl hulle Fosse dat die biesies bewe. Van Hamilton tot by Hairspray, Dreamgirls, Waitress, Chicago, Les Misérables, West Side Story en Dear Evan Hansen – met volle kostuums, groot dansnommers en dáárdie solo’s wat jou lelik laat huil, bring hierdie geselskap van 28 sanger-danser-akteurs jou al ons gunstelingliedjies van die mees ikoniese musicals – al die pad van Broadway na Stellenbosch. 



Ek gesels met Pedro Kruger oor hierdie besonderse vertoning, 'n eerste van sy soort vir Suid Afrikaanse aanlyngehore. Luister na die potgooi hier onder. 



Vervaardig deur Curro Create in samewerking met Wordsmith’s Theatre Factory
 Hennie van Greunen en Pedro Kruger Regisseurs en samestellers
 Melissa van der Spuy Musiekregie en musiek
 Kobus Rossouw Beligtingsontwerp en tegniese bestuur
 Marcel Bezuidenhout Klankontwerp
 Howard Fyvie Oudiovisuele ontwerp
 Rouvé Hattingh Kostuums
 Trudy Fredericks en Lee Piedt Choreografie
 Aangebied deur Curro Create – A Curro Initiative



Met: Corlea Botha, Germandt Geldenhuys, Timothy Moloi, André Terblanché, Lynelle Kenned, met 23 Curro Create-sangers/-dansers



Vir kaartjies besoek gerus Webtickets aanlyn:

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502489717



10% van kaartjie verkope gaan aan die Tribuo Fonds. Om meer te weet oor die fonds en om 'n bydra te maak, kliek hier: https://www.tribuo.co.za/


Podcasts

#OFMKunsteklop - Van Broadway na Birdstraat: 'n Eerste vir aanlyn vermaak:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.