On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Ondersteun die Tribuo Fonds om die kunste te help oorleef

───   11:11 Mon, 27 Jul 2020

#OFMKunsteklop - Ondersteun die Tribuo Fonds om die kunste te help oorleef | News Article

Die kunste en kreatiewe bedryf trek tans vreeslik swaar met min of geen inkomste weens die Covid-19 pandemie. Hier kan jy uitvind hoe jy 'n bydrae kan maak om te sorg dat die kunste oorleef.


Die OFM Kunsteklop gesels met Pedro Kruger oor die Tribuo Fonds wat in 2020 gestig is. Die produksie van Broadway na Birdstraat het besluit om 10% van kaartjie verkope aan die fonds te skenk. Hy vertel hoekom hulle die fonds ondersteun en hoe die publiek ook betrokke kan raak. 



Wat behels die Tribuo fonds?



Doelstelling - Om finansiële ondersteuning te bied aan kunstenaars en ander medewerkers in die kreatiewe bedryf wat tans geen, of beperkte inkomste het, as gevolg van die COVID-19 inperkings. Visie - Dat praktiserende Suid-Afrikaanse uitvoerende kunstenaars en lede van verwante bedrywe finansiële ondersteuning verkry om hulle deur die COVID-19 pandemie en die nagevolge daarvan te help. Missie - Om fondse in te samel vir die oprigting en instandhouding van ’n hulpfonds vir onafhanklike uitvoerende kunstenaars, kreatiewe medewerkers en tegniese ondersteuningspersoneel in Suid-Afrika. Vir meer besonderhede besoek https://www.tribuo.co.za/tribuo-fonds/


Om kaartjies te kry vir van Broadway na Birdstraat, kliek hier: https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502489717


Podcasts

#OFMKunsteklop - Ondersteun die Tribuo Fonds om die kunste te help oorleef:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.