Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop - AARDKLOP Pronk Podium op die verhoog─── 10:40 Tue, 25 Aug 2020
David Brink vertel oor die jaar se AARDKLOP Pronk Podium wat die naweek aanlyn plaasvind.
Aardklop bied die jaar se Pronk Podium aan ten spyte van die pandemie met die semi-finale en finaal wat op 28 en 29 Augustus 2020 plaasvind. Die optredes word verfilm by die Atterbury teater, en sal aanlyn uitgesaai word.

Pronk Podium bied sedert 2017 ‘n platform vir studente- en tienerteater. In 2020 het ons bloot besluit om aan te pas en voort te pronk! Waar ander voor probleme stuit, sien ons jong teatermakers geleenthede - hulle is aanpasbaar, innoverend en onstuitbaar!
Pronk Podium het meer as 80 eenmanvertonings aanlyn ontvang. Akteurs, skrywers en regisseurs vanoor die land het hul kreatiwiteit ingespan en verhoë gevind, en hul stories vertel. Nou kry die 11 semi-finaliste die geleentheid om hulle produksies te verfyn en aan te bied. Ses tienertoneelstukke en vyf studentestudentestukke speel op 28 Augustus in die semi-finale, waarna die top ses stukke op 29 Augustus sal optree.
Aardklop Pronk Podium Semi-finaliste sluit in:
Tienerproduksies
Vry: Hoërskool Noordheuwel
Wentelkind: Hoërskool Parel Vallei
Kou-Vid: Hoërskool Zwartkop
’n Traumatiese retrospeksie: Hoërskool Noordheuwel
Wie’t gevra?: Hoërskool Randburg
Kollig: Hoërskool Hugenote
Studenteproduksies
Salig Onbewus
Skilderlig
Movies vir Ava
Christmas Shopping
Sharrap en eet jou kos!

Kaartjies beskikbaar by Ticketpro
Prys: R60
Datum: 28 en 29 Augustus 2020
Tyd: 18:00
https://www.ticketpros.co.za/portal/web/index.php/event/906823ab-b5a9-04e2-0465-5f3a862d0742
#OFMKunsteklop - AARDKLOP Pronk Podium op die verhoog:
