On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMFamilyFocus - Women's Health Week: Remind yourself that you are incredible

───   08:45 Fri, 28 Aug 2020

#OFMFamilyFocus - Women's Health Week: Remind yourself that you are incredible | News Article

Minette Jacobs is a social worker in private practice and is here to remind us why women are so resilient, strong and inspirational. Every woman deserves a little break, click here for more details.


Ek gesels met Minette Jacobs, Maatskaplike werker in privaatpraktyk, om vrouemaand mee af te sluit. Sy gaan ons dames help onthou wat ons sterkpunte is en hoekom ons nooit moet vergeet wat ons elk so besonders maak.



Wat dink jy moet ons as vrouens hierdie vrouemaand onthou?

Vrouemaand vier ons vrouwees en watter voorreg is dit nie om vrou te wees nie! Juis daarom dink ek dis belangrik om vroue vandag te herinner aan wie hul is en waartoe hul instaat is. Jy weet…soms is vroue baie krities of te hard op hulself en vergeet hulle hul waarde…

Ek probeer altyd vroue se unieke, innerlike sterktes beklemtoon…..en hierdie sterktes het niks met persoonlikheid te doen nie - dis eienskappe eie aan vrouwees - hoe hul aanmekaar gesit is - soos die Here dit bedoel het. Hy het immers geweet toe hy vroue gemaak het,wat vroue elke dag sal moet  hanteer.


As vrou is ons bordjie tans vol gelaai met die pandemie wat daartoe by gedra het. Wat is tans op ons to do lysie?

Ja ons lysie is stampvol!  Vroue moet letterlik huishoudings, gesinne, organisasies en die samelewing bymekaar hou en dit boonop laat werk - op 'n ordelike manier met baie liefde en soms harde woorde!

As mens terugdink oor die afgelope paar maande.. is vroue gekonfronteer met onnatuurlike uitdagings - meer as die normale! Ons ken almal vroue se normale rolle soos tuisteskepper, besigheidsvrou, ma, eggenoot, vertrooster, versorger, taxi-bestuurder, kok en organiseerder…ek kan aangaan... MAAR die afgelope paar maande moes vroue ekstra ladings dra - kinders (en mans) was tuis en moes versorg en besig gehou word, sommige vroue het geliefdes verloor, vroue moes skielik enigste broodwinner word of slim planne beraam om 'n brood 2 dae te laat hou! Hulle moes kantoor-werk van die huis af doen en boonop onderwyser speel!

Dan praat ek nie eers van die uitsonderlike rol van dokter en sielkundige speel nie! Hul moes deurgans hulself, kinders en mans bemoedig, aanmoedig en soms heelmaak!

Ek weet dis ‘n mondvol…maar die wonder is dat vroue dit als regkry!!



So hoe kry die vrouens dit reg om alles gedoen te kry?

Uit ervaring met vroue in my praktyk, voel ek dat die antwoord le in vroue se unieke samestelling:

Vroue is sagmoedig van hart, maar sterk van Gees gemaak (soft hearted, but strong minded)

Dink byvoorbeeld aan eienskappe soos om liefdevol,meelewend en hulpvaardig te wees, die vermoe om vinnig planne te kan maak of oplossings te kry, geduldig te wees, maar ook ‘n veggees te he en die mooi in die lewe te kan raaksien. Vroue is net so gemaak en hierdie eienskappe maak dat hulle als kan doen!

Dit beteken allermins dat vroue perfek is, maar dis juis deur jou eie foute raak te sien en swakpunte te erken, dat jy empatie met ander mense kan he en dat jy meer ondersteuenend kan wees!


Maar wat as dinge te veel raak?

Ja…Soms gaan dit wild en sukkel mens om al die balle in die lug te hou, maar as vroue net kan besef dat dit OK is as paar balle op die grond val! 'n Vrou tel dit net weer op, stof dit af of maak dit reg en gaan aan! NIks is ooit te stukkend om reg te maak nie!

En dan word ons ook moeg!!! Ek beleef elke dag die veerkragtigheid van vroue, hul vermoe om terug te bons en hul innoverendheid. Vroue het uitermatige wilskrag en geestelike uithouvermoe. Hulle is in voeling met hulself en ander en weet dus wanneer dit tyd is om te herlaai....



Hoe herlaai ons?

Ag klein dingetjies maak vroue se tenke vol! Goed soos ‘n lekker cuppachino saam met 'n vriendin, of 'n stappie met die honde om die blok, pilatus online, om 'n lekker boek te lees saans as die huis tot ruste kom of sommer net 'n vinnige 20 minute "catnap" te vang terwyl jy wag vir 'n kind iewers in 'n parkeerarea!

Vroue is AMAZING en dis belangrik dat vroue sal besef dat hulle reeds oor eienskappe beskik om berge te versit..As jy nog daarby die Here ook in jou kampie het, is daar regtig NIKS wat 'n vrou nie kan oorkom nie!

EK haal my hoed vandag vir elke vrou af ! Jy as vrou verdien 'n dubbele stuk kaaskoek of lemon meringue!!


Kontakbesonderhede

Minette Jacobs, Maatskaplike werker in privaatpraktyk - 071 196 3846.


DISCLAIMER: This content is not intended to be a substitute for professional medical advice, diagnosis or treatment. Always seek the advice of your physician or other qualified health provider with any questions you may have regarding a medical condition.


Podcasts

#OFMFamilyFocus - Women's Health Week: Remind yourself that you are incredible:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.