On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

Grain Field Chickens Braaidag-hoendervlerkies

───   08:30 Wed, 23 Sep 2020

Grain Field Chickens Braaidag-hoendervlerkies | News Article

Môre gedenk ons Erfenisdag en vier ook wat oor die afgelope aantal jare bekendstaan as ‘Braaidag’. Nou of jy môre saam met vriende en familie gaan kuier of die langnaweek, hier is ‘n smullekker resep wat jy met min moeite vir die kole kan voorberei…


En, om die Erfenis tema verder uit te brei, gebruik ons trots Suid-Afrikaanse Grain Field Chickens hoendervlerkies en Sentraal Suid-Afrika se eie 2019 Kokkedoor-wenner, Wilhelmina Garcao, wys ons hoe om die marinade voor te berei.

Bestanddele:

2 eetlepels vars gemmer, gerasper,
3 knoffelhuises, fyn opgesny
Sap en gerasperde skil van een suurlemoen
Sap en gerasperde skil van een lemoen
1 groen brandrissie (of meer na smaak), pitte verwyder en fyn opgesny
2 eetlepels heuning
4 teelepels sojasous
12 - 18 Grain Field Chickens hoendervlerkies, afgewas en drooggemaak

Metode:

Meng al die bestanddele in ’n mengbak, voeg die Grain Field Chickens hoendervlerkies by en vryf sous in. Bedek en laat staan in yskas vir minstens 2 ure, of oornag.
Braai oor medium-hitte kole vir 1 tot 1.5 ure.
Wees versigtig dat die vleis nie brand nie.



Onthou, kry jou Grain Field Chickens plaasvars, top gehalte hoenderprodukte, beskikbaar in vars, bevrore en gemarineerde porsies, by jou plaaslike supermark.

Grain Field Chickens is nie net trots Suid-Afrikaans nie, maar oor trots Sentraal Suid-Afrikaans. Hulle is deel van die VKB-groep, en hul aanleg is op Reitz in die Vrystaat geleë.

Grain Field Chickens – Bring home the taste!

Vir meer resepte, produkinligting en meer, besoek grainfieldchickens.co.za, of “like” hul Facebookblad.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.