On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn

───   10:46 Thu, 01 Oct 2020

#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn | News Article

Is jy reg vir 'n nuwe aanlyn inisiatief om klassieke musiek 'n unieke platform te gee? Wel die Vrystaat Kunstefees weet net hoe om ons te verras met vars, uit die boks verwerkings wat jy van oral in die wereld kan kyk.


Sluit vanaf 1 Oktober aanlyn aan vir die eerste Vrystaat Klank en Klassik – ‘n nuwe aanlyn inisiatief van die Vrystaat Kunstefees. Word weggevoer deur van Suid Afrika se beste klassieke musici, in 5 opwindende konserte, elk ingelei deur nuutgeskrewe verbeeldingstories, en dit alles in die gerief van jou eie sitkamer. Elretha Britz vertel wat jy alles kan verwag, luister gerus hier onder na my gesprek met haar. 

 


Met uitvoerings deur Anneke Lamont, Magdalene Minnaar, die bekroonde Odeion-strykkwartet, die FFSO, die OSM Camerata, en nog vele meer, begelei met voorlesings uit die pen van skrywers soos Jaco Jacobs, Nàomi  Morgan,  en Ilne  Fourie – voorgedra deur Gerben Kamper, Nosana Sondiyazi, Jefferson J Dirks-Korkee, en Hillétje Möller Bashew.



Konserte is aanlyn beskikbaar, elke dag van 1 tot 5 Oktober. Daar is ook daagliks ‘n interaktiewe Facebook Live gesprek waar jy direk met die kunstenaars in verbinding kan tree. Kaartjies is vooraf beskikbaar aanlyn by vrystaatkunstefees.com


Podcasts

#Kunsteklop: Die eerste Vrystaat Klank en Klassik vanjaar aanlyn:

​

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.