Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop: Die Ernest Oppenheimer Teater is reg vir Nataniel en Charl du Plessis in Nov─── 08:08 Fri, 30 Oct 2020
Stadig maar seker is die kunste besig om terug te keer na teaters en die Ernest Oppenheimer teater in Welkom is reg om hulle deure oop te maak vir hul eerste vertoning sedert Maart 2020.
Teater bestuurder by die Ernest Oppenheimer teater in Welkom, Dulcie Harris, is baie opgewonde oor hul eerste vertoning na die Covid-19 lockdown wat op 13 November plaasvind.
Alle Covid-19 regulasies sal gevolg word en hulle is reg om Nataniël en Charl du Plessis op die verhoog te verwelkom.
Kaartjies is by die teater beskikbaar, skakel gerus: 057 357 1214.

#OFMKunsteklop: Die Ernest Oppenheimer Teater is reg vir Nataniel en Charl du Plessis in Nov:
