On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKinderhoekie - Skrywer Fanie Viljoen gesels oor die inperking, toekennings en wolwe

───   09:34 Mon, 16 Nov 2020

#OFMKinderhoekie - Skrywer Fanie Viljoen gesels oor die inperking, toekennings en wolwe | News Article

Bekroonde skrywer Fanie Viljoen gesels oor die inperking, kreatiwiteit, twee toekennings wat hy die jaar ontvang het, sy nuwe reeks "Wereld van Wolwe" en 'n boek wat hy pas begin skryf het wat niemand nog van weet nie...


Fanie Viljoen is een van die mees geliefde en diverse Afrikaanse kinder- en jeugboekskrywers. Sy boeke BreinBliksem en Onderwêreld is albei met die Sanlamprys vir Jeuglektuur bekroon, hy het al ’n rits ATKV-Woordveertjies en ’n M.E.R.-prys ingepalm. 


Sy verhale Betower en Afkop was naaswenners in LAPA se jeugromankompetisie en in 2019 wen hy met Offers vir die vlieë. Vanoggend in die OFM Kinderhoekie vertel hy ons hoe hy tydens die inperking besig gebly het en gesels ook oor sy toekennings. In deel twee gesels hy oor sy nuwe reeks Wereld van wolwe. Luister gerus hier onder.



Hier is ‘n video oor sy nuwe reeks wat jong lesers beslis gaan geniet.



Wereld van wolwe: Eerste bloed

Hierdie roman is enig in sy soort, maar dit kan vergelyk word met nog ’n tienerroman van die skrywer, Afkop. Meer as 4 500 kopieë van Afkop, ’n naaswenner van 2017 se jeugromankompetisie, is al verkoop.

“Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En mense is nie almal mense nie ... “Almal het geheime,” waarsku Joshua se nuwe vriend Gio. Joshua besef net nie hoe naby daardie geheime aan hom lê nie. En wanneer hy dit uitvind, gaan sy hele wêreld op sy kop keer. Die weerwolwe wag vir hom ...


Lees meer oor die reeks hier: http://www.fanieviljoen.co.za/wereld-van-wolwe/

Koop gerus die boek hier: https://raru.co.za/books/8178907-w-reld-van-wolwe-eerste-bloed-fanie-viljoen-paperback





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.