Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop - Die B Gallery in Klerksdorp bied 'n fantastiese platform vir kunstenaars─── 10:27 Thu, 10 Dec 2020
Die OFM Kunsteklop gaan klop aan by die B Gallery in Klerksdorp om uit te vind hoe hulle 'n platform bied vir kunstenaars van dwars oor die streek.
Die B Gallery is in Klerksdorp en bied uitstalruimte vir kunstenaars van dwars oor die land. Oor die laaste 3 jaar het hulle al R600 000 se verkope vir kunstenaars moontlik gemaak en die gallery vat geen kommissie nie.
Eienaar Lizette Havenga vertel waar die idee ontstaan het en hoekom dit so 'n besonderse projek is. Luister gerus hier onder na die potgooi. Hulle huidige uitstalling is Exposicion De Navidad, hier onder is die besonderhede en 'n paar van die werke wat beskikbaar is.

Vir meer besonderhede besoek hulle op Facebook https://www.facebook.com/TheBgalleryonMichael
Kunstenaars van dwars oor sentraal Suid Afrika word genooi om met hulle kontak te maak om hulle werke uit te stal.




#OFMKunsteklop - Die B Gallery in Klerksdorp bied 'n fantastiese platform vir kunstenaars:
