On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - KKNK eers uitgestel vir 2021

───   10:42 Thu, 07 Jan 2021

#OFMKunsteklop - KKNK eers uitgestel vir 2021 | News Article

Die OFM Kunsteklop het by die KKNK gaan aanklop om te hoor wat hulle planne is vir die jaar en hoe hulle steeds die kunste gaan laat voort leef. Hugo Theart, artistieke direkteur gesels oor hulle aanlyn beplanning vir 2021.


Die bestuur en direksie van die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) het na deeglike besinning en met inagneming van die onsekerheid rondom die Covid-19-pandemie besluit om die fees wat vanaf 31 Maart tot 6 April sou plaasvind, vir eers uit te stel.

“Hoewel ons bitter graag in 2021 weer begin April wou fees vier in Oudtshoorn, is die gesondheidsgevare en die onsekerheid wat die Covid-19-pandemie bring, steeds ’n kommerwekkende faktor,” sê Hugo Theart, artistieke direkteur van die fees. “Hoë en steeds stygende infeksietellings landwyd het dié besluit genoodsaak.”



Dié besluit is nie ligtelik of in isolasie geneem nie, sê Crispin Sonn, voorsitter van Kunste Onbeperk, die organisasie wat onder meer die KKNK aanbied. “Ná samesprekings met ons vennote, borge, die Oudtshoorn-munisipaliteit en Wes-Kaapse regering, was die konsensus dat ’n fees rondom Paasnaweek ’n te groot risiko inhou vir al die betrokke partye – dorpenaars, besoekers en kunstenaars. Uitstel is die verantwoordelike besluit, maar dit beteken nie dat ons verbintenis tot die fees en ondersteuning van die kunstenaars en gemeenskappe in gedrang sal kom nie,” sê Sonn.

“Die direksie, bestuur en al ons vennote is reeds geruime tyd in gesprek oor alle moontlikhede en ons evalueer die situasie deurlopend. Ons moet eenvoudig die statistiek en die wêreldwye verloop van die pandemie in ag neem om deurdagte besluite te neem. Ons sal weer in Januarie die situasie bespreek en nuwe datums vir ’n fees in 2021 ondersoek.” Hou gerus www.kknk.co.za dop vir meer inligting. 




Podcasts

#OFMKunsteklop - KKNK eers uitgestel vir 2021:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.