On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Twee gratis aanlyn konserte om Die Boer Teater te red

───   10:38 Thu, 28 Jan 2021

#OFMKunsteklop - Twee gratis aanlyn konserte om Die Boer Teater te red | News Article

Die Boer Teater in die Wes Kaap het laas jaar alles moontlik gedoen om nie hulle deure te sluit nie maar vroeg in 2021 moes hulle ongelukkig onbepaald sluit. Die nuus het die span by WOES bereik wat besluit het hulle moet iets doen om te help!


Margit Meyer-Rödenbeck vertel hoe hierdie besluit hulle geraak het maar ook hoe daar nuwe hoop is. Luister na die potgooi hier onder. 



"Dit was n uiters moeilike besluit om te neem, en ons het in 2020 alles in die stryd gewerp om nie ons lojale personeel te moet aflê nie, maar dit het nou onmoontlik geraak om voort te gaan" sê Margit Meyer-Rödenbeck . Dis tyd om Die Boer Restaurant teater te red. Die Boer het oor die afgelope 16 jaar 'n belangrike skakel in ons land se kultuurlandskap geword en dit ‘n groot rol gespeel om vir kunstenaars ‘n platform te skep om op te kan tree. Jy kan 'n verskil maak deur die gratis aanlyn konsert te kyk en deel te neem aan die lootjies en veilings. Van ons land se top kunstenaars tree op om jou te vermaak terwyl die Woes span jou deur 'n emosie belaaide veiling neem.


Red Die Boer Restaurantteater Konsert 1 en 2 vind 29 Jan en 5 Feb 2021 aanlyn plaas en is gratis om by te woon. Gedurende die vertonings kan jy lootjies koop en deel neem aan die veilings om te help om fondse in te samel om die Boer teater te help red.



Lootjie kaartjies beskikbaar by Tixsa.

Volg die skakel om nou al jou kaartjie te koop vir die gelukkige prys trekking wat aan die einde van die program plaasvind.

http://bit.ly/2M8jwMH


Volg die skakel en gaan stel sommer nou al jou "reminder" vir 29 Jan en 5 Feb 2021 om 18:30,

https://youtu.be/FjRoZZ7ZPkQ

Besoek die Boer Teater hier: https://www.facebook.com/dieboerteater


Podcasts

#OFMKunsteklop - Twee gratis aanlyn konserte om Die Boer Teater te red:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.