Mid-Morning Magic
#OFMKunsteklop - Rus en Vrede: Kuns wat die samelewing nou nodig het─── 09:02 Thu, 25 Feb 2021
Kuns kan werklik mens se gemoed verbeter. Die doel van Kotze Kuns se jongste uitstalling is juis dit: Rus en Vrede in 'n tyd van onsekerheid. Die uitstalling open die 3de Maart in Bloemfontein.
Kotze Kuns se gallery is in Bloemfontein en hul eerste uitstalling vir 2021 word in Maart aangebied. Rus en Vrede open die 3de Maart en fokus op stillewe werke van ou meesters, ander bekende kunstenaars en opkomende name.
Floris Kotze, mede-eienaar by die gallery vertel van die uitstalling en verduidelik dat kuns hoop kan bring gedurende hierdie tyd van inperking en onsekerheid. Luister gerus na die potgooi hier onder.
Meer inligting by https://kotzekuns.co.za/
#OFMKunsteklop - Rus en Vrede: Kuns wat die samelewing nou nodig het: