On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Jong sangers kan 'n musiekbeurs wen

───   09:15 Thu, 15 Apr 2021

#OFMKunsteklop - Jong sangers kan 'n musiekbeurs wen | News Article

2021 bied aan klassieke sangers die geleentheid om in te skryf vir die HumanNaudé musiekbeurs kompetisie waar jy R100 000 prysgeld kan los slaan. Yolanda Maartens gesels met Charl du Plessis oor die opwindende geleentheid.


Die Human-Naudé musiekbeurs bied aan jong klassieke sangers die geleentheid om hul musiekstudies voort te sit.

Die HumanNaudé Trust, gestig deur Japie Human en Willem Naudé, befonds hierdie beurskompetisie en is  slegs toeganklik vir Suid-Afrikaanse burgers wat ten tye van die kompetisie in die Vrystaat skoolgaan of studeer. Kandidate moet repertorium aanbied wat gelykstaande of hoër is as UNISA, ABRSM of TRINITY Graad 8 standaard.

As gevolg van die COVID-19 pandemie is die kompetisie na Desember 2021 uitgestel, maar inskrywings moet teen 1 Oktober 2021 ingedien word. Vir meer besonderhede oor die beurs en vereisters klik hier.



In hierdie week se OFM Kunsteklop, gesels Yolanda Maartens met Charl du Plessis oor die fantastiese geleentheid. Luister na die gesprek hier onder.


Podcasts

#OFMKunsteklop - Jong sangers kan 'n musiekbeurs wen:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.