On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

#OFMKunsteklop - Die Toyota US Woordfees se 'Flikker & Flash'-opwipvertonings

───   08:56 Thu, 29 Apr 2021

#OFMKunsteklop - Die Toyota US Woordfees se 'Flikker & Flash'-opwipvertonings  | News Article

Die Toyota US Woordfees se 'Flikker & Flash'-opwipvertonings wat aan die begin van April plaasgevind het, het kunstenaars kans gegee om weer te skep en na hul gehore uit te reik.

Die middedorp van Stellenbosch was tydens die Toyota US Woordfees se 'Flikker & Flash'-opwipvertonings heeltemal omgetower. Die strate se vensters, galerye en leë winkels het speelruimtes vir kunstenaars se kreatiwiteit geword.

Met COVID-19 wat ons hele wereld omgekeer het, moes die Woordfees 'n nuwe baadjie aangetrek.

Vanjaar se opwipvertonings het kunstenaars die geleentheid gegee om weer te speel, en te werk. 

Altesaam 67 kunstenaars was deel van die program en het alle genres van die kunste verteenwoordig, van improvisasie, teaterkuns, dans, modeontwerp, multimedia, hip-hop en koreografie tot opera, musiekteater en visuele kuns. 

Feesdirekteur vir die Woordfees, Saartjie Botha gesels in OFM se Kunsteklop met Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens oor die fees en die pad vorentoe. Luister na die gesprek hieronder.

*Fotos: US Toyota Woordfees Facebook-blad.


Podcasts

#OFMKunsteklop - Die Toyota US Woordfees se 'Flikker & Flash'-opwipvertonings :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.