On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

Pregnancy and Infant Loss Awareness Week - Ma se storie van liefde en verlies

───   08:54 Tue, 12 Oct 2021

Pregnancy and Infant Loss Awareness Week - Ma se storie van liefde en verlies | News Article

Rene en Meyer Pieterse van Bloemfontein was, soos enige ouerpaar, opgewonde vir die koms van hulle dogtertjie. Haar naam sou Jarah wees, dit beteken in Arabies "bold and brave" en "sweet" in Hebreus.

Op 5 Februarie 2020 is Jarah op 26 weke gebore, haar ma Rene kon haar nie sien nie weens komplikasies en moes 'n historektomie ondergaan. 

LEES OOK: SA statistics

Jarah het net 'n paar uur geleef en toe ma Rene wakker word, is hulle klein mensie klaar oorlede. Sy en haar man was stukkend. 

Luister hieronder na die potgooi waar sy vertel hoe sy deur die verlies, seer en woede gewerk het en wat sy vir gesinne wat ook hier deur is wil se.

Rene en haar man Meyer is beide fotograwe en in daardie oomblik van rou het hulle 'n  "heilige" oomblik ervaar en het toe besluit dat hulle altyd kan onthou hoe pragtig Jarah was. 'n Fotograaf vriendin, Maryke Venter het die fotos geneem en volgens die Pieterses is dit een van hul kosbaarste besittings.

Die onderhoud betrek verlies van swangerskap en mag sekere luisteraars, wat soortgelyke ervaringe deurgemaak het, ontstel. Luisteraar diskresie word aanbeveel.

Hiermee 'n lys van hulpbronne -

  1. SADAG: https://www.sadag.org/index.php?option=com_content&view=article&id=1835&Itemid=174

  2. Kontak Carina de Klerk 071 360 2159 (Upington) of Amanda Loots 082 229 3666 (Kimberley).

  3. IFAASA: info@ifaasa.co.za.

  4. Kontak Portia Thekiso (maatskaplike werker) op 051 404 6974. 

  5. Empty Wombs SA: https://www.houseoffertility.org/Pregnancyloss.html

Podcasts

Pregnancy and Infant Loss Awareness Week - A mom's story of loss and love:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.