On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Mid-Morning Magic

OFM Kunsteklop - Nuwe teaterstuk plaas verhoudings onder vergrootglas

───   09:11 Tue, 07 Dec 2021

OFM Kunsteklop - Nuwe teaterstuk plaas verhoudings onder vergrootglas | News Article

Mid-Moring Magic se Yolanda Maartens gesels met teatermaker, Nico Taljaard oor sy nuwe teaterstuk, 'Onder Die Oppervlak'. Luister na die potgooi hieronder.

'Onder Die Oppervlak' is 'n postmoderne drama in Afrikaans, Engels en Sesotho spreekstaal, wat die dinamika van moderne verhoudings ondersoek, met die fokus op aanlyn-dating en interracial verhoudings.

LEES OOK: Dowwe Dolla kom bied sentraal Suid-Afrika vaarwel

Na ‘n aanvanklik ongemaklike eerste ontmoeting in ‘n ontluikende romanse verander, besluit Eben en Nthabiseng om hulle verhouding openbaar te maak. Tot hulle eie nadeel, ontdek hulle. 

Soos weerstand van alle rigtings opvlam, staar hulle binnekort die uitdagende werklikheid van veelrassige verhoudings in ‘n land waar rassepolitiek en –diskriminasie steeds seevier, in die gesig. Kan hulle dit maak werk? Oorwin die liefde werklik alles? 

Hierdie postmoderne drama poog om vars perspektiewe tot hierdie huidige kwessie te bring.


Meer besonderhede:

(Alle COVID-19 Regulasies sal gehandhaaf word.)

Ouderdomsbeperking: 13 TV

Venue:  Andre Huguenot Teater, Bloemfontein.

Datum: 9–12 Des om18:30

Kaartjies: R90 per persoon by PACOFS, skakel 051 447 7772. Vind meer op Facebook - “Onder die Oppervlak”.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.