Mid-Morning Magic
#OutismeWeek - Free State Autism Support4Parents─── 08:29 Fri, 08 Apr 2022
Ter afsluiting van Wêreld Outisme-week gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Claudette de Witt, voorsitter en stigter van Free State Autism Support4Parents.
Claudette, wat self ook 'n dogtertjie het wat outisties is, het een doel, en dit is om ouers met inligting sowel as hoop te bemagtig.
Yolanda en Claudette gesels oor wat alles gedoen word by die organisasie en wat sy in hierdie tyd geleer het. Hulle gesels ook oor waar 'n mens Free State Autism Support4Parents in die hande kan kry.
Free State Autism Support4Parents is gestig as 'n ondersteuningsnetwerk vir ouers nadat Claudette se dogter sowat sewe jaar gelede gediagnoseer is. Haar ervaring het haar alleen laat voel en sy het dit op haarself geneem om hierdie nie-winsgewende organisasie te begin om hande te vat met ander ouers wat ondersteuning nodig het.
Lees ook: #OutismeWeek – Die diagnose en die pad vorentoe
Vir meer inligting skakel Claudette De Witt op 082 877 3017 of stuur 'n e-pos na fsautism@gmail.com.
Charlotte, Claudette se dogter (9), het onlangs vir die eerste keer ‘n "smiley face" geteken.

DISCLAIMER: This content is not intended to be a substitute for professional medical advice, diagnosis or treatment. Always seek the advice of your physician or other qualified health provider with any questions you may have regarding a medical condition.
