On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

National

Seiljag met 2 Suid-Afrikaners vermis in Indiese Oseaan

───   06:53 Mon, 16 Apr 2012

Seiljag met 2 Suid-Afrikaners vermis in Indiese Oseaan | News Article

’n Suid-Afrikaanse seiljag met sewe mense aan boord – onder wie twee Suid-Afrikaners – word vermis op ’n vaart tussen die eiland Mayotte in die Indiese Oseaan en Pemba in die noorde van Mosambiek. Nuus24 berig dat ’n vliegtuig van die Europese Unie se teen-seerowermag in Djiboeti gister na die jag begin soek het, terwyl alarm gemaak is dat alle skepe in dié omgewing op die uitkyk daarna moet wees. Die kaptein van die jag is ’n Suid-Afrikaner, John Sergel, van Durban. Sy mede-skipper is ’n Franse vrou, Izabella Moallic. Saam met hulle op die plesiervaart is die Suid-Afrikaner Frank Joubert, ’n Amerikaanse vrou en haar Duitse man, sowel as ’n Brit en 'n Nederlander. Weens die verskillende nasionaliteite van die passasiers is al die lande van herkoms by die soektog betrokke. Die laaste keer dat iemand iets van die mense aan boord gehoor het was na wat berig word verlede Dinsdag. Geen noodsein of noodroep van die bemanning is tot dusver deur enigiemand ontvang nie.

Nuus24

 


 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.